Tuesday, 14 October 2014

Gesonde leefstyl.

Hier is n klompie wenke om jou te help om 'n gesonde dieetplan op te stel:
1.  Die eerste punt het nie eintlik met eet te doen nie, maar is 'n belangrike fondament in enige gesonde dieet. Kry genoeg slaap! As jou liggaam nie genoeg slaap kry nie, soek dit na ander maniere om energie te bekom en dit is wanneer jy ongesonde kos en drankies gebruik om energie aan jou liggaam te voorsien.
2.  Eet (elke dag) drie gesonde maaltye, wat protiene en koolhidrate insluit. Moet nie ontbyt oorslaan nie. Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag, want dit skakel jou liggaam se metabolisme aan en maak dat jy deur die loop van die oggend nie honger raak nie.
3.  As jy tussen ete aan iets moet peusel, maak seker dat dit gesond is. Iets soos neute, appels, rosyne springmielies (sonder botter) en groente.
4. Kyk na jou porsiegrootte. Die meeste porsies wat in restaurante opgedien word, is amper genoeg vir twee mense!
5.  Moetnie eet terwyl jy byvoorbeeld besig is om TV te kyk nie. Sonder dat jy dit weet , eet jy sommer 'n hele bak of pakkie van iets op. Konsentreer as jy eet en eet stadig.
6.  Drink genoeg water. 6 tot 8 glase per dag is nodig. Onthou tee, koffie en gaskoeldrank tel nie as water nie en behoort altyd matig gebruik te word. Veral gaskoeldrank en sappe, want dit bevat baie suiker.
7.  Eet 'n verskeidenheid vvrugte en groente - selfs rou, as jy kan.
8.  Stap 'n wye draai om vettige en diepgebraaide kosse uit jou liggaamte oefen. Vermy ook soos reeds genoem,  verwerkte kosse.
9.  Wees op jou hoede vir te veel sout. Jy het minder was 'n teelepel sout per dag nodig.
10.  Kry genoeg oefening.  Gaan stap met jou troeteldierom die blok. Stof laasjaar se fiets af en gaan ry 'n draai. Onhou dit is goed vir jou.